…’n nuwe jaar, ‘n nuwe jy…

Die opskrif van die blog, is ‘n bietjie van ‘n … tong-in-die-kies opskrif…. Dis ‘n gesins-sêding wat ons seun begin het, en wat lekker deur die res van die gesin uitgebuit word! Hier gaan Januarie 2016 al in die middel, en ek glo die meeste van die “nuwejaarsvoorneme” is al by die agterdeur uit….. Wel, seker die meeste van die voornemens, behalwe …. ja, ja, die minder eet – een, die meer oefen – een, die geduldiger wees – een, en en en….!

Maar wag, een van die heel lekkerste dinge om te doen so na ‘n heerlike lang vakansie, is om al die nuwe plekke te verken wat oopgemaak het in Lagos! My hande juk sommer om by al die plekke uit te kom. En vanoggend word my en Suzelle se weeklikse vaste koffie-afspraak afgeskop met die besoek aan die “nuweLa Pointe supermark en deli. La Pointe het verlede jaar toegemaak tydens die bou van hul nuwe perseel, en het weer heropen Desembermaand. Wát ‘n pragtige gebou!

La pointe

Argiteksvoorstelling soos op La Pointe FaceBook

Die rakke kreun behoorlik van al die ingevoerde produkte. Daar is tot bruismeel en gewone meel op die rakke – iets wat deesdae skaars is in die winkels! Ek het Oktober omtrent 5 kg meel vanuit Dubai  saamgevlieg!

1   4

 2

Die slaghuis se pryse is baie mededingend, en die snitte is mooi gemerk. Ten minste sê hulle dit is “goat”! Hulle laat jou nie wónder of dit dalk skaap is nie…

3     6

En natuurlik word daar altyd voorsiening gemaak vir dié  …. wat baie dors is!

5

Maar helaas, die koffiewinkel is nog nie oop nie…..! Dit sal maar vir ‘n volgende uitstappie moet wag!

Wát ‘n mooie toevoeging tot die lys supermarkte in Lagos! Ek wens hulle nét voorspoed toe in die toekoms!  Welgedaan!

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

2 thoughts on “…’n nuwe jaar, ‘n nuwe jy…

  1. Die president het ‘n beperking geplaas op die bedrag buitelandse valuta wat verhandel mag word. So, die besighede word amper half verplig om lokale produkte te gebruik. Ons kon darem nog altyd Snowflake, Tastic, Mrs Ball’s, Crosse & Blackwell ens kry, maar deesdae nie….. Nee jong, rys (jollof rice) is hulle hoofstapelvoedsel.

Lewer kommentaar