The Great Wall of Lagos

Jy sal dink: nou waar kom Annie nou vandaan…..? Ons almal weet tog dat die ‘Great Wall’ in China is? Maar wag, kom ek vertel jou meer van die nuwe  ‘Great Wall’  – die Great Wall of Lagos!

n Splinternuwe dorpsontwikkeling is besig om plaas te vind in Lagos:   Eko Atlantic – aangrensend aan Victoria Island, teenaan die Atlantiese oseaan. ‘n Massiewe ontwikkeling wat 10 miljoen vierkante meter sal beslaan na voltooiing. ‘n Ontwikkeling wat gaan insluit finansiële, kommersiële, residensiële en toerisme ontwikkeling met net die nuutste en mees moderne standaarde beskikbaar. Die “nuwe” stad sal net oor die beste sekuriteit, watervoorsiening, sanitasie en vervoerstelsels beskik. Eko Atlantic sal ook oor ‘n onafhanklike bron van elektrisiteitsvoorsiening beskik. In ‘n tyd waar byna elke eiendom in Lagos oor ‘n privaat kragopwekker beskik, kan hierdie as heel luuks beskou word.

1 satelliet foto

 2 lugfoto

Miljoene kubieke meter water word drooggelê en opgevul met sand en tonne klip. Wat begin het as ‘n noodmaatreël om die kus by Bar Beach te beskerm teen see-erosie, het ontwikkel tot ‘n see-muur wat plaaslik beskou word as die Great Wall of Lagos. Hierdie 6,5 km lange muur, is ontwerp deur Royal Haskoning en getoets in Denemark deur die wêreldbekende Denmark Hydraulic Institute (DHI). ‘n Wonderlike stuk ingenierswerk wat opgerig is om magtige waters uit te hou. ‘n Muur wat gebou is om nagenoeg 1 000 jaar te hou – ‘n muur wat die toets van die tye sal moet weerstaan.

4 muur

5 muur6 muur

Vier banke – drie plaaslike en een buitelandse bank – gee finansiële ondersteuning aan hierdie privaatsektor projek. Die ondersteunende banke is First Bank PLC, Guarenty Trust Bank PLC (GT Bank), First City Monument Bank PLC en BNP Paribas Fortis van Frankryk. Nét die beste ingenieurs, landmeters, bourekenaars, bemarkers en agente word gebruik om hierdie multimiljoen dollar projek te behartig. Eko Atlantic sal in sewe distrikte verdeel word: Ocean Front, Harbour Lights, Business District, Eko Drive, Marina, Avenues en Downtown.

7 voorstelling

8 voorstelling

Baie klem word gelê op die beheer van vervoer binne Eko Atlantic, om sodoende die foute van die verlede te probeer vermy. Oral sal parkeerareas aangebring word, en géén straatparkering sal toegelaat word nie. ‘n Ligte treinsisteem met nagenoeg 60 stoppe word beplan, asook ‘n pontstelsel wat op die kanale kan vaar.

Geboue word teen ‘n spoed opgerig, en hoofpaaie nader al voltooiing.  Nog baie lank gaan die horison van Lagos gelaai wees met hyskrane.  Voorwaar ‘n ontwikkeling om na uit te sien!

9 ligte

10 skyline

Gaan kyk gerus na ‘n kort opsomming oor die voorstelling van Eko Atlantic:    Lagos – A City in the Making

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

 

13 thoughts on “The Great Wall of Lagos

  1. Baie dankie vir die inligting! Ek persoonlik dink natuurlik, enige herwinning van land uit die see, hoe wonderlik en vernuftig ook al dit gedoen word, loop ‘n wesentlike gevaar om weer deur die natuur herwin te word.

  2. Net eending niks gebuur hier vining nie ,as hulle sê binne kort dan is dit so 2 jaar plus. So dit gaan nog baie jare vat om daardie kompleks te bou.

Lewer kommentaar