Craft Gourmet

Hoef ek eintlik meer te sê…?

4

Die deur na een van dié mooiste en lekkerste restaurante in Victoria Island, Lagos ~ CRAFT GOURMET by Lou Baker.  Die naam sê dit, die deur sê dit, die spyskaart sê dit, en ja, die kos sê dit!  Wat ‘n heerlike toevoeging tot Lagos so ongelooflike bron van eetplekke! En soos Sade’s List tereg sê, dit is ‘n bekoorlike klein restaurant wat jou laat dink aan statige sjarme. Splinternuut in Victoria Island!

Die kelners laat jou behoorlik welkom voel as jy deur die mooi deure stap.  Almal is eenvormig en stylvol aangetrek, van kop tot toon – ja, tot almal dieselfde sampioenkleurige Crocs!  Wit handskoene die werke!

1

Heerlike vars Lebanese kos.  Een van ons  het ‘n “Brown Caprese sandwich” bestel.  Die broodjie is gemaak  van ‘n tradisionele Lebanese “mouchtan flat bun”.  Lou het self kom hoor of die kos lekker is.  Sy sê toe dat die “bun” spesiaal deur haar skoonma in Lebanon gebak word, en dit dan na haar toe ingevoer word.  Haar ma se besigheid is Tayebat Iman Healthy Bakery in Lebanon.

2

Die spyskaart wemel van vars en gesonde produkte ~ lensies, chia saadjies, olywe, songedroogte tamaties, olyfolie, komkommer en jogurtslaai, en natuurlik …. oondgebakte skaapboud bedien met gebakte aartappel-en-kaasgereg!

Die tafels is keurig gedek met wit geborduurde lapservette met die mooiste Villeroy & Boch eetgerei.  Aandag is gegee aan elke liewe detail.

3

Ek wens Lou en haar span nét die beste toe – voorwaar ‘n pragtige restaurant met pragtige mense!

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

4 thoughts on “Craft Gourmet

  1. Hallo my Liewe vriendin

    Ek kan nie glo dat Ons so gelukkig was on mekaar so in bfn raak te loop nie. En toe vir Dewan op die lughawe Hoe spesiaal kan dit wees! Julle het n pragtig seun en kan met reg trots op hom wees! Sien uit om julle in Cpt te sien Liefde Ina

    Sent from my iPad

    >

Lewer kommentaar