‘n Dankbare hart

So is dit ook alweer  einde van die finansiële jaar, en almal spartel om finansiële verslae in te dien. Met ‘n dankbare hart luister ek na die finansiële verslag wat die tesourier van die NBIC (New Beginnings International Church) lewer. Ek het al voorheen oor ons kerk  in Lagos geskryf, en die kerk opsigself is al klaar ‘n groot seën in ons lewens. Ons kerk fokus spesifiek op die behoeftes van Expat christen-gelowiges. Dit maak die hele saak nog meer uitsonderlik – meeste van die tyd is daar nie debietorders of aftrekorders vir die kerk nie, en die expatgemeenskap is ‘n reisende gemeenskap. Gedurende die “summer holidays” is baie van die gesinne vir twee / drie maande nie in Lagos nie, so geen geldelike bydraes word gelewer nie. Maar tog, aan die einde van die tydperk, kan mens net met nederige dankbaarheid kyk na die syfers….

Budget

Nota:  N1000 = R77,21

‘n Allemintige inkomste van R6 684 956,09 vir die 2015 finansiële jaar!  Is dit nie ‘n groot seën nie!  Die inkomste (en getalle) het merkwaardig gegroei in die laaste vyf jaar, en so ook dit wat gespandeer word aan uitreike.

Wow, met wisselende getalle tussen 200 en 250 gemeentelede (in somermaande kan die kerkbywoninggetalle maklik afneem tot 80…), is hierdie ‘n heel indrukwekkende verslag.

Outreach

‘n Groot deel van die uitgawes gaan dan ook na verskeie uitreike. Van die uitreike sluit in die West Africa Theological Seminary (WATS), bybelverspreiding van Gideons International, die ondersteuning van Bethesda School, die WATS kliniek ens.

Dan kan ek ook met dankbaarheid getuig oor ons Afrikaanse Bybelstudiegroepie wat Donderdae byeenkom (wel, grotendeels Afrikaans, behalwe vir Claske wat Nederlands is en ons mooi verstaan, Kabelo wat Sotho is en baie goed Afrikaans kan praat, en Rob wat van Zimbabwe afkom, en Afrikaans ook mooi verstaan). So, dis party aande ‘n mengelmoes van Afrikaans Nederlandse “fannagalo”….. Ons het presies drie weke terug besluit om ons liefde en dankbaarheid te betuig deur by te dra tot ons eie ‘rolstoelprojek’ vir die WATS-ondersteunde kliniek. Trots oorhandig ons dan nou aan Jennifer Bennett, kliniekverpleegkundige en sendeling, genoeg geld om twee rolstoele aan te koop! Ons groepie is maar klein, gemiddeld so sewe lede per besoek. Donderdag het ons ‘n rekordgetal van 9 siele bymekaar gehad!

Soli Deo Gloria

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

6 thoughts on “‘n Dankbare hart

  1. Liewe Ann, wat n ongelooflike verslag. Ek is so geinspireer deur dit wat jy geskryf het. Die Here se seen is op julle en daarom die wonderlike finansiele seen. Die mense/gemeentelede se harte is reg….en daarom is hulle hande ook reg om te GEE. Wat n getuienis. Ek is so bly vir julle wonderlike Bybelstudie-groepie. Dit is darem net n lewensaar. Mag julle aanhou om vir mekaar tot seen te wees. Dankie vir die deel! xxx

Lewer kommentaar