Die sak-ding

“Kyk, die lewe van ‘n Expat-vrou kan baie interessant wees, maar ook, waarmee hou jy jou bedags besig”, is ‘n vraag wat my baie gevra word.

Interessant” is my lewe vir seker! En ook verryk – soveel plekke, soveel dinge, soveel mense! Dit is ‘n wonderlike voorreg wat ek het om hierdie ondervinding saam met my beste helfte te kan beleef. Maar, as hy in die dag werk toe gaan, waarmee hou ek my besig…..?

Wel, ek kan ook darem nou nie élke dag saam met die drywer in die kar spring en iewers gaan koffie drink nie (goed, goed, ek is seker ek sal dit ook kan doen….)! Behalwe dat daar nie só baie deli’s en koffiewinkels in Lagos is nie, sal dit ook my liewe man bankrot maak…..teen N1200 ‘n cappuccino (nou al R92!)

Hier in Lagos het ek weer begin om lekker te bak en te brou. Vetkoek en pizza met die broodmasjien leer bak. Innoverend te wees met dít wat ons hier kry. En dan natuurlik, weer bietjie naaldwerk te doen.

Ek het op Pinterest rondgesoek vir ‘n redelike maklike projek om aan te pak. Ek het sommer dadelik verlief geraak op die mooi sak!

pin

Ek het al ‘n paar sakke probeer maak, en dalk herken van julle dalk ‘n sak of twee!

Die naaimasjien is vir eers bietjie weggepak, maar ek hoop ek kan nog vele van die sakke maak. My sakke is nie naastenby so mooi soos Ashley s’n op haar blog nie, maar ek probeer, en elkeen word met baie liefde gemaak.  Dankie Ashley dat ek dit met my vriende kan deel!

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

13 thoughts on “Die sak-ding

  1. Nou wanneer sien ons weer n Annie blog? Al is dit nie in Lagos nie? Ons mis haar… 😘

    2016-03-22 12:43 GMT+02:00 Annie in Lagos :

    > annie260264 posted: ““Kyk, die lewe van ‘n Expat-vrou kan baie interessant > wees, maar ook, waarmee hou jy jou bedags besig”, is ‘n vraag wat my baie > gevra word. “Interessant” is my lewe vir seker! En ook verryk – soveel > plekke, soveel dinge, soveel mense! Dit is ‘n wonderlik” >

Lewer kommentaar