Afskeid in Lagos

Vandag, nét vandag het ek besluit – dit is tyd om weer rustig te raak, en aan die skryf te raak. Ja ja, ek wéét dit is byna …. vyf maande vandat ek laas ietsie op my blog geskryf het, maar daar was ‘n paar plekke om te besoek, en ‘n paar dinge om te doen! Maar nou, ná vyf maande, is ek rustig en rég om my blog verder te neem! Ek sal stelselmatig blog oor die tydperk wat ek …. weggeraak het. Maar hier is ek nou terug!

Kom ek begin by die begin, of moet ek eerder sê: kom ek begin by die einde…..! Presies op 29 April 2016, het my man se driejaarkontrak in Lagos, Nigerië, ten einde geloop. En ál wat ek vir hom kan sê, is: Well done, my man! Om nie weer sy kontrak te hernu nie, was nie net ‘n klakkelose besluit nie. Maar wat ons wél besluit het, is om met dieselfde hoeveelheid tasse uit Nigerië te vertrek as waarmee ons gearriveer het. Wat ons ook saam met ons tasse uit Nigerië saamneem, is waardevolle vriendskappe, sakke vol ondervinding en hope vol herinneringe.

Die laaste week van ons verblyf in Lagos breek uiteindelik aan. Om na ons geliefde land terug te keer, is ewe skielik ‘n realiteit. Maar ons, veral my beterhelfte, het nie rekening gehou met die emosionele sy van die skuif nie….. ‘n Week van groet en afskeidfunksies het voorgelê. Met elke daaglikse vergadering, is daar van my man afskeid geneem. Die “sending off”-funksie waarheen “madam” ook genooi is, is die Woensdag voor ons vertrek by die Radisson Blu Hotel gehou. ‘n Funksie wat so in detail gereël is, dat dit ons absoluut oorweldig het. Elke gebaar het ons net meer nederig gemaak. Ek het by die funksie besef watter ongelooflike invloed my man op elke werker gehad het – wát ‘n ongelooflike voorreg om dit saam met hom mee te maak.

Ek deel graag ‘n paar foto’s van die geleentheid:

10 6

1 5

3 4

2 11 12.png

8

Net gou  ‘n paar verduidelikings van die foto’s:

  •  Ek het die program probeer vergroot…. daar is geopen met gebed
  • Kunstenaars wat die aand opgetree het, sluit in ‘n “rapper” en ‘n komediant
  • Die ongelooflike versierde rooi fluweelkoek, was ten volle eetbaar – tot die foto’s van my  man, was eetbaar.  Dit was ‘n voorstelling van die stad se “skyline”, met elektriese kragdrade, asook ‘n harde hoed
  • Ons moes die koek saam sny – soos van ouds op ons troudag
  • Geskenke is deur die dames aan my en my beste helfte oorhanding
  • Al die dames was baie stylvol en uit-die-boek aangetrek vir die geleentheid

Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie om deel van hierdie rit te wees nie!

Met my volgende blog, vertel ek van ons doen-en-late die daaropvolgende drie maande.  En ja, ek sal kreatief moet dink oor die naam van my blog.

Dankie dat ek ons Lagos-lewe saam met jou kon deel.

Tot ons weer saamkuier!

http___signatures.mylivesignature.com_54493_341_C21DBFF834DA595429ECA6FD5A285074

7 thoughts on “Afskeid in Lagos

  1. Ah, liewe Ann, julle het verseker ‘n groot verskil gemaak in baie lewens! Dankie vir die deel daarvan en ek sien uit na die vlge ‘hoofstuk’ wat ons met julle kan deel op so spesiale manier!

    • Hi Annie te heerlik om weer ‘n briefie van jou te kry. Het jou blogbriefies gemis, hoor! Afskeidneem is nooit lekker nie. Mens kom by ‘n punt waar jy deur al jou herrinneringe hardloop – die mooi en kosbaar en ook die dinge wat nie so lekker was nie. Glo my met tyd vervaag die nie so lekker nie en onthou jy meer die dinge wat regtig saakmaak. Natuurlik oneindig dankbaar dat deur die swaar jy krag gekry het om dit te kan verdra, want dit is waar jy bedoel was om te wees.

  2. Ag Ann, hoe kosbaar was dit nie om te lees hoe deeglik en met soveel sorg daar van julle afskeid geneem is. Dit is sulke onvoorwaardelike gebare van liefde en omgee wat my nog altyd laat besef dat ek so baie te leer het by ” 3de wereld-mense.” Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel. Ek weet net dat daar in die 1ste wereld nooit so sorgvuldig afskeid geneem sal word nie. Net n handdruk en n dankie dalk met n geskenk? en dit is dit….ek het soveel al geleer en leer nogsteeds. Mag julle baie baie gelukkig wees in SA! Ek sal my eie voortande gee om te kan terugkom. Ek is baie moeg van die expat lewe. Verstaan dat jy ook baie trots is op jou wederhelfte. met reg so! Liefdegroete, xxxx

    • Ai Talita, baie dankie hoor! Ja kyk, julle is voorwaar ‘n goeie voorbeeld van wonderlike expats in derde wêreldlande! En ek kan sien daar word ook altyd mooi na julle gekyk, alhoewel dit nie altyd maklik is nie! Jy sê baie waar woorde! Laat weet asb as julle in SA is, want ‘n vinnige koffie by die lughawe sal baie lekker wees! Gelukkig weet ek, daar wag een baie oulike huisie vir julle in die amper-Kaap! Liefde daar xxx

Lewer kommentaar